No. 44651 63
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
63
(bb) aan ’n rekenaarstelsel beskikbaar is,
binne hul regsgebied; en
(b) dit in die belang van geregtigheid sal wees indien ’n lasgewing vir
openbaarmaking van data uitgereik word,
die lasgewing vir openbaarmaking van data waarom aansoek gedoen is, uitreik.
(3) ’n Lasgewing vir openbaarmaking van data moet in die voorgeskrewe vorm wees
en moet op die voorgeskrewe wyse deur ’n polisiebeampte aan die persoon, elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling daardeur geraak, beteken word.
(4) Die lasgewing vir openbaarmaking van data—
(a) moet die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële
instelling gelas om die data in die lasgewing geïdentifiseer, tot die mate in die
lasgewing uiteengesit, aan ’n geïdentifiseerde polisiebeampte te voorsien;
(b) moet die formaat spesifiseer waarin die data in paragraaf (a) geïdentifiseer,
voorsien moet word;
(c) moet die tydperk uiteensit waarbinne die data in paragraaf (a) geïdentifiseer,
voorsien moet word; en
(d) kan voorwaardes of beperkings in verband met die voorsiening van data
daarin gemagtig, spesifiseer.
(5) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling aan
wie ’n lasgewing vir openbaarmaking van data in subartikel (3) bedoel, beteken word,
kan, skriftelik op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die landdros of regter aansoek
doen om ’n wysiging of die kansellasie van die betrokke lasgewing op grond daarvan dat
hulle nie tydig of op ’n redelike wyse aan die lasgewing kan voldoen nie.
(6) Die landdros of regter by wie die aansoek ingevolge subartikel (5) gebring word,
moet so gou moontlik ná ontvangs daarvan—
(a) die aansoek oorweeg en kan, vir hierdie doel, beveel dat mondelinge of
skriftelike getuienis aangebied word aangaande enige feit in die aansoek
beweer;
(b) ’n beslissing gee ten opsigte van die aansoek; en
(c) indien die aansoek suksesvol is, die polisiebeampte en die applikant verwittig
van die uitslag van die aansoek.
(7) Enige data wat ingevolge ’n lasgewing vir openbaarmaking van data beskikbaar
gemaak moet word—
(a) aan die polisiebeampte in die lasgewing geïdentifiseer, voorsien word; en
(b) vergesel gaan van ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm deur die
persoon of gemagtigde verteenwoordiger van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling, wat die egtheid, integriteit en
betroubaarheid van die data, wat voorsien word, bevestig.
(8) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of ’n finansiële instelling
wat—
(a) versuim om aan ’n lasgewing vir openbaarmaking van data te voldoen;
(b) ’n vals verklaring aflê in ’n aansoek in subartikel (5) bedoel; of
(c) versuim om aan subartikel (7) te voldoen,
is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of
gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of tot beide ’n boete en sodanige
gevangenisstraf.
(9) (a) Enige item wat onderhewig is aan ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis,
wat nie ‘‘data’’ is nie, moet op beslag gelê word ingevolge ’n lasbrief in artikel 29(1)
bedoel.
(b) ’n Polisiebeampte kan, te eniger tyd, aansoek doen om ’n deursoekingslasbrief
ingevolge artikel 29(1) om te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item
(wat ‘‘data’’ insluit) wat aan ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data of ’n
lasgewing vir die bewaring van getuienis onderhewig is of was.
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
Verkryging en gebruik van openbaar beskikbare data of ontvangs van data van
55
persoon wat in besit is van data
45. ’n Polisiebeampte kan, sonder om uitdruklik ingevolge hierdie Hoofstuk daartoe
gemagtig te wees, vir die ondersoek van enige misdryf of vermeende misdryf ingevolge
Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 of enige ander misdryf of vermeende misdryf ingevolge
die wette van die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan
60
word deur die gebruik van, ’n item—
(a) openbaar beskikbare data ontvang, verkry of gebruik ongeag waar die data
geografies geleë is; of
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents