No. 44651   65 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 65 (b) nie-openbaar-beskikbare data ontvang en gebruik, ongeag waar die data geografies geleë is, indien ’n persoon wat in beheer is van, of in besit is van die data, vrywillig en op sodanige voorwaardes aangaande vertroulikheid en beperking van gebruik wat hulle nodig ag, die data aan ’n polisiebeampte openbaar maak. 5 HOOFSTUK 5 ONDERLINGE BYSTAND Toepassing van bepalings van Hoofstuk 46. Die bepalings van artikels 48 tot 51 is van toepassing adissioneel tot Hoofstuk 2 van die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996, en 10 het betrekking, tensy anders gespesifiseer, op die bewaring van ’n item of ander getuienis in elektroniese formaat aangaande die pleging of vermeende pleging van— (a) ’n misdryf ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2; (b) enige ander misdryf ingevolge die wette van die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item; of 15 (c) ’n misdryf— (i) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of (ii) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf erken in die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n 20 item, in ’n vreemde Staat, hangende ’n versoek ingevolge artikel 2 of 7 van die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996. Spontane inligting 47. (1) Die Nasionale Kommissaris of die Nasionale Hoof van die Direktoraat kan, op sodanige voorwaardes aangaande vertroulikheid en beperking van gebruik wat hulle mag bepaal, enige inligting tydens enige ondersoek verkry, verskaf aan ’n wetstoepassingsagentskap in ’n vreemde Staat wanneer die Nasionale Kommissaris of die Nasionale Hoof van die Direktoraat van mening is dat die openbaarmaking van daardie inligting— (a) die vreemde Staat behulpsaam mag wees in die inisiëring of uitvoering van ondersoeke; of (b) kan lei tot verdere samewerking met ’n vreemde Staat om ’n ondersoek uit te voer, aangaande die pleging of vermeende pleging van— (i) ’n misdryf in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog, in die Republiek; (ii) enige ander misdryf ingevolge die wette van die Republiek wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item; of (iii) ’n misdryf— (aa) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of (bb) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item, in daardie vreemde Staat. (2) Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan enige inligting van ’n vreemde Staat ontvang, behoudens voorwaardes rakende vertroulikheid en beperking van gebruik waarop ooreengekom mag word, wat— (a) die Suid-Afrikaanse Polisiediens behulpsaam mag wees in die inisiëring of uitvoering van ondersoeke; of (b) kan lei tot verdere samewerking met ’n vreemde Staat om ’n ondersoek uit te voer, aangaande die pleging of vermeende pleging van— (i) ’n misdryf in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog, in die Republiek; of (ii) enige ander misdryf ingevolge die wette van die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item; of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 25 30 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents