No. 44651   81 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 81 HOOFSTUK 9 ALGEMENE BEPALINGS Nasionale Uitvoerende Gesag kan ooreenkomste aangaan 57. (1) Die Nasionale Uitvoerende Gesag kan enige ooreenkoms met enige vreemde Staat aangaan oor— (a) die voorsiening van onderlinge bystand en samewerking aangaande die ondersoek en vervolging van— (i) ’n misdryf kragtens Deel I of Deel II van Hoofstuk 2; (ii) enige ander misdryf ingevolge die reg van die Republiek wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item; of (iii) ’n misdryf— (aa) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of (bb) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item, in daardie vreemde Staat; (b) die instelling van kubermisdaadreaksie-aktiwiteite; (c) opleidings-, navorsings-, inligtings- en tegnologiedeling en die uitruil van inligting oor die bespeuring, voorkoming, mitigasie en ondersoek van kubermisdade; (d) die instelling of aanwysing van kontakpunte om die voorsiening van onderlinge bystand en samewerking soos in paragraaf (a) beoog, te fasiliteer; (e) die inwerkingstelling van oorgrensnoodreaksiemeganismes om die uitwerking van kubermisdade te mitigeer; en (f) die wedersydse inwerkingstelling van maatreëls om kubermisdaad te bekamp. (2) ’n Lid van die Nasionale Uitvoerende Gesag moet, so gou prakties moontlik nadat die Parlement ingestem het tot die bekragtiging van, toetreding tot, wysiging van of herroeping van ’n ooreenkoms in subartikel (1) bedoel, kennis daarvan in die Staatskoerant gee. 5 10 15 20 25 30 Herroeping of wysiging van wette 58. Die wette in die Bylae genoem word hierby herroep of gewysig tot die mate in die derde kolom van die Bylae aangedui. Regulasies 59. (1) Die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging— (a) moet regulasies uitvaardig om die— (i) vorm en wyse van die aansoek soos in artikel 20(1) beoog; (ii) vorm van die bevel soos in artikel 20(3) beoog; (iii) wyse van betekening van die bevel soos in artikel 20(4) beoog; (iv) vorm en wyse van die aansoek soos in artikel 20(6) beoog; (v) vorm en wyse waarop die hof ’n persoon kan dagvaar soos in artikel 20(8) beoog; (vi) vorm van die lasgewing en beëdigde verklaring en wyse waarop inligting aan die hof voorsien moet word soos in artikel 21(1)(b) beoog; (vii) wyse van betekening van ’n lasgewing soos in artikel 21(2) beoog; (viii) wyse en die vorm van die beëdigde verklaring om aansoek te doen om ’n verlenging van die tydperk of kansellasie van die lasgewing soos in artikel 21(3)(b) beoog; (ix) wyse vir aanvra van bykomende inligting soos in artikel 21(4)(b) beoog; (x) vorm en wyse waarop ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer van die uitslag van die aansoek ingelig moet word soos in artikel 21(4)(d) beoog; (xi) tariewe van vergoeding betaalbaar aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer soos in artikel 21(6) beoog; (xii) vorm van die bevel en wyse van betekening van die bevel soos in artikel 22(3) beoog; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents