STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 93
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
93
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(b) die insameling van inligting
aangaande ‘n werklike bedreiging
van die openbare gesondheid of
veiligheid, nasionale sekuriteit of
dwingende nasionale ekonomiese
belang van die Republiek nodig is;
(c) die insameling van inligting
aangaande ‘n potensiële bedreiging
van die openbare gesondheid of
veiligheid of nasionale sekuriteit van
die Republiek nodig is;
(d) die rig van ’n versoek vir die
voorsiening, of die voorsiening aan
die bevoegde owerhede van ’n land
of gebied buite die Republiek, van
enige hulp in verband met, of in die
vorm van, die onderskepping van
kommunikasies met betrekking tot
georganiseerde misdaad, ’n misdryf
in Bylae II genoem of enige misdryf
met betrekking tot terrorisme of die
insameling van inligting met betrekking tot georganiseerde misdaad
of terrorisme—
(i) ooreenkomstig ‘n internasionale
onderlinge hulpooreenkoms is;
of
(ii) in belang van die internasionale
betrekkinge of verpligtinge van
die Republiek is; of
(e) die insameling van inligting aangaande ’n misdryf in Bylae II
genoem, of eiendom wat ‘n middel is
of waarskynlik kan wees by ‘n
ernstige misdryf of die opbrengs is of
waarskynlik kan wees van onwettige
aktiwiteite nodig is,
en dat die verstrekking van argiefbewaarde kommunikasie-verwante inligting nodig is vir die doeleindes om so ‘n
misdryf te ondersoek of sodanige inligting
in te samel.’’.
(e) Die herbenoeming van die Bylae tot die
Wet as ‘‘Bylae I’’ en die byvoeging van die
volgende items:
‘‘15 Enige misdryf in artikels 17, 18, 19A
of 20 van die Wysigingswet op die
Strafreg (Seksuele Misdrywe en
Verwante Aangeleenthede), 2007
(Wet No. 32 van 2007), beoog.
16 Enige misdryf beoog in—
(a) artikel 8, 9(1) of (2) of 10
waarby
’n
bedrag
van
R200 000,00 of meer betrokke
is; of
(b) artikel 11(1) of (2) of 17 (vir
sover die artikel in verband
staan met die misdrywe bedoel
in artikel 11(1) of (2)),
van die Wet op Kubermisdade, 2020.’’.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents