No. 44651 11
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
11
(bb) enige ander misdryf ingevolge die reg van die Republiek; of
(cc) ’n misdryf in ’n vreemde Staat wat wesenlik soortgelyk is aan ’n
misdryf in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog of ’n ander misdryf
in die Republiek erken;
‘‘landdros’’ ook ’n streekhoflanddros;
‘‘Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging’’ die persoon in artikel 179(1)(a) van
die Grondwet beoog en aangestel ingevolge artikel 10 van die Wet op die Nasionale
Vervolgingsgesag, 1998;
‘‘Nasionale Hoof van die Direktoraat’’ ’n persoon ingevolge artikel 17CA(1) van die
Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995, aangestel;
‘‘Nasionale Kommissaris’’ die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens, deur die President aangestel kragtens artikel 207(1) van die Grondwet;
‘‘openbaar beskikbare data’’ data wat toeganklik is in die publieke domein sonder
beperking;
‘‘persoon’’ ’n natuurlike of regspersoon;
‘‘polisiebeampte’’ ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens soos omskryf in artikel 1
van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995;
‘‘rekenaar’’ enige elektroniese, programmeerbare toestel gebruik, hetsy alleen of as
deel van ’n rekenaarstelsel of enige ander toestel of toerusting of enige deel daarvan, om
voorafbepaalde rekenkundige, logiese, roeterings-, verwerkings- of bergingsoperasies
ooreenkomstig vasgestelde instruksies te verrig, en sluit in enige data, rekenaarprogram
of rekenaardatabergingsmedium wat verband hou met, gekoppel is aan of gebruik word
met sodanige toestel;
‘‘rekenaardatabergingsmedium’’ enige toestel waarvandaan data of ’n
rekenaarprogram gereproduseer kan word of waarop data of ’n rekenaarprogram geberg
kan word, deur ’n rekenaarstelsel ongeag of die toestel fisies verbonde is aan of
gekoppel is met ’n rekenaarstelsel;
‘‘rekenaarprogram’’ data wat instruksies of stellings verteenwoordig wat, wanneer dit
in ’n rekenaarstelsel uitgevoer word, die rekenaarstelsel ’n funksie laat verrig;
‘‘rekenaarstelsel’’—
(a) een rekenaar; of
(b) twee of meer rekenaars wat onderling gekoppel of verbandhoudend is, wat
hierdie rekenaars wat onderling gekoppel is of verbandhoudend is, toelaat
om—
(i) data of enige ander funksie met mekaar uit te ruil; of
(ii) data of enige ander funksie met ’n ander rekenaar of ’n rekenaarstelsel uit
te ruil;
‘‘spesifiek aangewese polisiebeampte’’ ’n polisiebeampte met die rang van kaptein of
hoër bedoel in artikel 33 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995, wat
skriftelik deur onderskeidelik die Nasionale Kommissaris en die Nasionale Hoof van die
Direktoraat aangewys is om—
(a) mondeling aansoek te doen om ’n deursoekingslasbrief of ’n wysiging van ’n
lasbrief in artikel 30 bedoel;
(b) lasgewings vir bespoedigde bewaring van data in artikel 41 bedoel, uit te reik;
of
(c) ’n lasgewing van die aangewese regter in artikel 48(10) beoog, te beteken of
tenuitvoer te lê;
‘‘Strafproseswet, 1977’’ die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977);
‘‘Suid-Afrikaanse Reserwebank’’ die Suid-Afrikaanse Reserwebank, bedoel in artikel
223 van die Grondwet, gelees met die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 1989;
‘‘uitset van data’’ deur data te vertoon of op enige ander wyse te hê;
‘‘uitset van ’n rekenaarprogram’’ enige—
(a) data of uitset van die data;
(b) rekenaarprogram; of
(c) instruksies,
deur ’n rekenaarprogram gegenereer;
‘‘verantwoordelike party’’ ’n verantwoordelike party soos omskryf in artikel 1 van die
Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013;
‘‘verkeersdata’’ data aangaande ’n kommunikasie wat die kommunikasie se oorsprong,
bestemming, roete, formaat, tyd, datum, grootte, duur of tipe van die onderliggende
diens aandui;
‘‘vreemde Staat’’ enige Staat anders as die Republiek;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents