No. 44651   37 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 37 (b) te verskyn by die plek en op die datum en tyd waarheen die betrokke verrigtinge verdaag kan word; (c) teenwoordig te bly by daardie verrigtinge aldus verdaag; of (d) enige boek, dokument of voorwerp in die dagvaarding gespesifiseer, voor te lê, 5 is skuldig aan ’n misdryf. (9) By die toepassing van hierdie artikel beteken ‘‘verhoorhof’’— (a) ’n landdroshof ingestel kragtens artikel 2(1)(f)(i) van die Wet op Landdroshowe, 1944; (b) ’n hof vir ’n streeksafdeling ingestel kragtens artikel 2(1)(g)(i) van die Wet op 10 Landdroshowe, 1944; of (c) ’n Hooggeregshof bedoel in artikel 6(1) van die Wet op Hoër Howe, 2013. (10) Wanneer iemand aan ’n misdryf ingevolge artikel 14, 15 of 16 skuldig bevind word, moet die verhoorhof ’n bevel gee dat die persoon alle koste moet vergoed wat redelikerwys aangegaan is deur— 15 (a) ’n klaer na aanleiding van enige lasgewing ingevolge artikel 21(1)(b) uitgereik; of (b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer om die betrokke databoodskap te verwyder of toegang tot die betrokke databoodskap te deaktiveer, waarop die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 1977, met die nodige 20 veranderinge deur die samehang vereis, daardie bevel van toepassing sal wees. Strawwe 23. Enige persoon of elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat aan ’n misdryf in artikel 20(9) of (10), 21(7) of 22(4) of (8) skuldig bevind word, is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van 25 hoogstens twee jaar of met ’n boete sowel as sodanige gevangenisstraf. HOOFSTUK 3 JURISDIKSIE Jurisdiksie 24. (1) ’n Hof in die Republiek het jurisdiksie om enige misdryf in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 te bereg, indien— (a) die beskuldigde gearresteer is binne die grondgebied van die Republiek, aan boord van ’n vaartuig, ’n skip, ’n aflandige installasie of vasstaande platform, of ’n lugvaartuig geregistreer of vereis om geregistreer te wees in die Republiek; (b) die persoon wat aangekla staan te word ’n— (i) burger van die Republiek is of gewoonlik in die Republiek woonagtig is; (ii) ’n maatskappy, as sodanig ingelyf of geregistreer kragtens enige wet, in die Republiek is; of (iii) enige liggaam van persone, ingelyf of oningelyf, in die Republiek is; (c) die misdryf gepleeg is— (i) in die grondgebied van die Republiek; of (ii) aan boord van ’n vaartuig, ’n skip, ’n aflandige installasie of vaste platform, of ’n lugvaartuig geregistreer of vereis om geregistreer te wees in die Republiek toe die misdryf gepleeg is; (d) enige handeling ter voorbereiding van die misdryf of enige optrede nodig om die misdryf of enige deel van die misdryf te pleeg, plaasgevind het— (i) in die grondgebied van die Republiek; of (ii) aan boord van ’n vaartuig, ’n skip, ’n aflandige installasie of vaste platform, of ’n lugvaartuig geregistreer of vereis om geregistreer te wees in die Republiek toe die handeling optrede, of deel van die misdryf plaasgevind het; (e) die misdryf enige persoon, ’n beperkte rekenaarstelsel beoog in artikel 11(1)(b), ’n openbare liggaam of enige besigheid in die Republiek raak; (f) die misdryf buite die Republiek gepleeg is teen— (i) enige persoon wat ’n burger van die Republiek is of gewoonlik in die Republiek woonagtig is; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 30 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents