No. 44651   41 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 41 (a) ’n rekenaardatabergingsmedium, of ’n rekenaarstelsel, of die toebehore en komponente of enige deel daarvan of enige bykomstige toestel of komponent daartoe; en (b) data of ’n rekenaarprogram gehou in ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel, vir sover dit nodig is om te deursoek vir en beslag te lê op ’n item. 5 Standaardbedryfsprosedures 26. (1) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring, in oorleg met die Nasionale Kommissaris, die Nasionale Hoof van die Direktoraat, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging en die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging moet, na 10 afloop van ’n proses van openbare oorlegpleging, binne 12 maande vanaf die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, Standaardbedryfsprosedures uitreik wat nagekom moet word deur— (a) die Suid-Afrikaanse Polisiediens; of (b) enige ander persoon of agentskap wat ingevolge die bepalings van enige ander 15 wet gemagtig is om enige misdryf ingevolge enige wet te ondersoek, in die ondersoek van enige misdryf of vermeende misdryf ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 of enige ander misdryf of vermeende misdryf wat gepleeg is by wyse van, of gefasiliteer is deur die gebruik van, ’n item. (2) Die Standaardbedryfsprosedures in subartikel (1) bedoel en enige wysiging 20 daartoe moet in die Staatskoerant gepubliseer word. Toepassing van bepalings van Strafproseswet, 1977 27. Die Strafproseswet, 1977, is van toepassing addisioneel tot die bepalings van hierdie Hoofstuk, vir sover dit nie onbestaanbaar is met die bepalings van hierdie Hoofstuk nie. 25 Deursoeking vir, toegang tot, of beslaglegging op sekere items 28. ’n Polisiebeampte kan, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Hoofstuk, deursoek vir, toegang kry tot en beslag lê op enige item, binne die Republiek. Deursoeking vir, toegang tot en beslaglegging op item kragtens deursoekingslasbrief 30 29. (1) Behoudens die bepalings van artikels 31, 32, 33 en 40(1) en (2) van hierdie Wet, artikel 4(3) van die Doeane- en Aksynswet, 1964, artikels 69(2)(b) en 71 van die Wet op Belastingadministrasie, 2011, en artikel 21(e) en (f) van die Wet op Doeanebeheer, 2014, kan deursoeking vir, toegang kry tot, of beslaglegging op, ’n item slegs plaasvind uit hoofde van ’n deursoekingsslasbrief uitgereik— (a) deur ’n landdros of regter van die Hooggeregshof, by skriftelike aansoek deur ’n polisiebeampte, indien dit vir die landdros of regter uit inligting onder eed of by wyse van plegtige verklaring, soos in die aansoek uiteengesit, blyk dat daar redelike gronde is om te glo dat ’n item— (i) binne hul regsgebied is; of (ii) gebruik word of betrokke is of gebruik is of betrokke was in die pleging van ’n misdryf— (aa) binne hul regsgebied; of (bb) binne die Republiek, indien dit onseker is binne watter regsgebied die item gebruik word of betrokke is of gebruik is of betrokke was in die pleging van ’n misdryf; of (b) deur ’n landdros of regter van die Hooggeregshof wat by strafregtelike verrigtinge voorsit, indien dit vir daardie landdros of regter blyk dat ’n item as getuienis by bedoelde verrigtinge benodig word. (2) ’n Deursoekingslasbrief ingevolge subartikel (1) uitgereik, moet ’n polisiebeampte in die lasbrief geïdentifiseer gelas om te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op die betrokke item en, vir daardie doel, moet dit die polisiebeampte magtig om— (a) enige persoon in die lasbrief geïdentifiseer, te deursoek; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 35 40 45 50

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents