No. 44651   45 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 45 (4) ’n Lasbrief of enige wysiging aan ’n lasbrief kan slegs kragtens subartikel (3) uitgereik word— (a) indien die landdros of regter van die betrokke Hooggeregshof, op grond van die feite in die betrokke mondelinge aansoek aangevoer, oortuig is dat— (i) daar redelike gronde is om te glo dat ’n lasbrief of enige wysiging van ’n lasbrief waarom aansoek gedoen is, uitgereik kan word; (ii) ’n lasbrief of ’n wysiging van ’n lasbrief onmiddellik noodsaaklik is ten einde te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item— (aa) binne hul regsgebied; of (bb) binne die Republiek, indien hulle onseker is binne watter regsgebied die item gebruik word of betrokke is in die pleging van ’n misdryf; en (iii) dit nie redelik moontlik is, met inagneming van die dringendheid van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n skriftelike aansoek te bring vir die uitreiking van ’n lasbrief of om ’n lasbrief te wysig nie; en (b) op voorwaarde dat die betrokke polisiebeampte ’n skriftelike aansoek aan die betrokke landdros of regter van die Hooggeregshof binne 48 uur ná die uitreiking van die lasbrief of gewysigde lasbrief kragtens subartikel (3), moet voorlê. (5) ’n Lasbrief of enige wysiging van ’n lasbrief kragtens subartikel (3) uitgereik, moet— (a) skriftelik wees; (b) elektronies aan die polisiebeampte gestuur word of aan die spesifiek aangewese polisiebeampte voorsien word; en (c) ’n opsomming bevat van die feite wat oorweeg is en die gronde waarop die lasbrief uitgereik is. (6) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof wat ’n lasbrief uitgereik het of ’n lasbrief gewysig het kragtens subartikel (3) of, indien hulle nie beskikbaar is nie, enige ander landdros of regter van die Hooggeregshof, moet by ontvangs van ’n skriftelike aansoek ingevolge subartikel (4)(b), daardie aansoek heroorweeg, waarna hulle daardie lasbrief kan bevestig, wysig of kanselleer. (7) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof in subartikel (6) beoog, wat die lasbrief wysig of kanselleer, moet ’n bevel gee wat hulle gepas ag, oor hoe enige item wat deur hul beslissing geraak word, hanteer moet word. 5 10 15 20 25 30 35 Deursoeking vir, toegang tot, of beslaglegging op item sonder deursoekingslasbrief met toestemming van persoon met wettige magtiging om toe te stem 31. (1) Enige polisiebeampte kan, sonder ’n deursoekingslasbrief, die bevoegdhede bedoel in artikel 29(2) uitoefen, behoudens enige ander wetsbepaling, indien die persoon wat wettige magtiging het om toe te stem tot die deursoeking vir, toegang tot of 40 beslaglegging op die betrokke item, skriftelik toestem tot sodanige deursoeking, toegang of beslaglegging. (2) ’n Polisiebeampte wat ingevolge subartikel (1) optree kan, behoudens die regmatige skriftelike toestemming van die persoon wat wettige magtiging het om toestemming te verleen, ’n ondersoeker skriftelik magtig om hulle by te staan met die 45 deursoeking vir, toegang tot of beslaglegging op die betrokke item. Deursoeking vir, toegang tot of beslaglegging op item betrokke in pleging van misdryf sonder deursoekingslasbrief 32. (1) ’n Polisiebeampte kan sonder ’n deursoekingslasbrief in artikel 29(1)(a) bedoel, enige persoon, houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig deursoek 50 met die doel om die bevoegdhede in paragrawe (a) en (b) van die omskrywing van ‘‘beslag lê’’ uit te oefen ten opsigte van ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel bedoel in paragraaf (c) of (d) van die omskrywing van ‘‘item’’, indien die polisiebeampte op redelike gronde glo— (a) dat ’n deursoekingslasbrief kragtens artikel 29(1)(a) aan hulle uitgereik sal 55 word indien hulle om daardie lasbrief aansoek doen; en (b) dat die vertraging in die verkryging van sodanige lasbrief die oogmerk van die deursoeking en beslaglegging sal verydel. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents