No. 44651 51
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
51
(ii) enige instrument, toestel, wagwoord, dekripteringsleutel of ander
inligting wat nodig is om toegang te kry tot data, ’n rekenaarprogram, ’n
rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel, te
bekom of gebruik,
is skuldig aan ’n misdryf.
(2) (a) ’n Polisiebeampte of ’n ondersoeker wat enige instrument, toestel, toerusting,
wagwoord, dekripteringsleutel, data of ander inligting beoog in artikel 29(2)(h) verkry
of gebruik—
(i) moet die instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data of
inligting slegs ten opsigte van en tot die mate gespesifiseer in die
deursoekingslasbrief gebruik om toegang te kry tot, of om data, ’n
rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n
rekenaarstelsel te gebruik op die wyse en vir die doeleindes in die betrokke
deursoekingslasbrief gespesifiseer; en
(ii) moet alle wagwoorde, dekripteringsleutels, data of ander inligting vernietig
indien—
(aa) dit nie deur ’n persoon benodig word wat die wagwoorde,
dekoderingsleutels, data of inligting wettig mag besit nie;
(bb) dit nie vir die doeleindes van enige strafregtelike verrigtinge of siviele
verrigtinge beoog in Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van
Georganiseerde Misdaad, 1998, of vir die doeleindes van getuienis of vir
doeleindes van ’n hofbevel, benodig sal word nie; of
(cc) geen strafregtelike verrigtinge of siviele verrigtinge soos beoog in
Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde
Misdaad, 1998, in verband met daardie inligting ingestel staan te word
nie.
(b) ’n Polisiebeampte of ondersoeker wat wederregtelik en opsetlik—
(i) enige instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel,
data of inligting gebruik buite die magtiging van ’n lasbrief soos in
paragraaf (a)(i) beoog; of
(ii) versuim om alle wagwoorde, dekripteringsleutels, data of ander inligting
soos beoog in paragraaf (a)(ii) te vernietig,
is skuldig aan ’n misdryf.
(3) ’n Polisiebeampte of ’n ondersoeker wat subartikel (1) of (2) oortree of versuim
om daaraan te voldoen, is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf
vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige
gevangenisstraf.
(4) Waar ’n polisiebeampte of ’n ondersoeker skuldig bevind word aan ’n misdryf in
subartikel (1) of (2) bedoel, kan die hof wat daardie persoon skuldig bevind, op aansoek
van enige persoon wat skade gely het of op die aansoek van die aanklaer wat in opdrag
van daardie persoon optree, vergoeding ten opsigte van daardie skade toeken, waarop
die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 1977, met die nodige veranderinge
deur die samehang vereis, op daardie toekenning van toepassing is.
5
10
15
20
25
30
35
40
Vals inligting onder eed of deur plegtige verklaring
38. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik vals inligting onder eed of deur
plegtige verklaring gee, wetende dat dit vals is of nie wetende dat dit waar is nie, met die
gevolg dat—
(a) ’n deursoekingslasbrief uitgereik word;
(b) ’n deursoeking in artikel 31 beoog op grond van daardie inligting plaasgevind
het;
(c) ’n persoon, houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig deursoek of
’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel
ingevolge artikel 32 op beslag gelê word of toegang gekry word daartoe;
(d) ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data ingevolge artikel 41 uitgereik
word;
(e) ’n lasgewing vir bewaring van getuienis beoog in artikel 42 uitgereik word; of
(f) ’n lasgewing vir openbaarmaking van data beoog in artikel 44 uitgereik word,
is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met
gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en daardie
gevangenisstraf.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents