STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 89 Nommer en jaar van wet Kort titel Wet No. 25 van 2002 Wet op Elektroniese (a) Artikels 85, 86, 87 en 88 word geskrap. Kommunikasies en (b) Artikel 89 word deur die volgende artikel Transaksies, 2002 vervang: ‘‘Strawwe 89. [(1)] ’n Persoon wat skuldig bevind is aan ’n misdryf bedoel in artikels 37(3), 40(2), 58(2), 80(5)[,] of 82(2) [of 86(1), (2) of (3)] is strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk wat nie 12 maande oorskry nie. [(2) ’n Persoon wat skuldig bevind is aan ’n misdryf bedoel in artikel 86(4) of (5) of artikel 87 is strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk wat nie vyf jaar oorskry nie.]’’. Wet op die Reëling (a) Artikel 1 word gewysig deur paragraaf (a) van Onderskepping van die omskrywing van ‘‘ernstige van Kommunikasies misdryf’’ deur die volgende paragraaf te vervang: en Verstrekking van Kommunikasie‘‘(a) misdryf vermeld in [die] Bylae 1; verwante Inligting, of’’. 2002 (b) Artikel 4 word gewysig deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(3) Ondanks subartikel (2), kan ’n wetstoepassingsbeampte of ’n persoon wat ingevolge die Strafproseswet, 1977, die Wet op Kubermisdade, 2020, of enige ander wetsbepaling, gemagtig is om ’n verdagte te betrek of in hegtenis te neem of om ’n perseel te betree ten opsigte van die pleging of vermeende pleging van enige misdryf, tydens die inhegtenisname van die verdagte of terwyl hy of sy wettig op die perseel is, opneem wat hy of sy waarneem of hoor indien— (a) die opname direk in verband staan met die doel waarvoor die verdagte in hegtenis geneem is of die wetstoepassingsbeampte of persoon die perseel betree het; en (b) die wetstoepassingsbeampte of persoon— (i) hom- of haarself as sodanig geïdentifiseer het; en (ii) enige betrokkene mondelings ingelig het dat sy of haar regstreekse kommunikasie opgeneem staan te word, voordat die opname gemaak word.’’. (c) Subartikel (4) van artikel 17 word deur die volgende subartikel vervang: ‘‘(4) ’n Intydse kommunikasieverwante lasgewing kan slegs uitgereik word indien dit vir die betrokke aangewese regter voorkom, op die feite in die betrokke aansoek beweer, dat daar redelike gronde is om te glo dat— Wet No. 70 van 2002 No. 44651   89 Omvang van herroeping of wysiging This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents