STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 121
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
121
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(a) verspreiding van kinderpornografie;
(b) beskikbaarstelling van kinderpornografie;
(c) oorsending van kinderpornografie;
(d) te koop aanbieding van kinderpornografie;
(e) verkoop van kinderpornografie;
(f) aanbieding om kinderpornografie te verkry;
(g) verkryging van kinderpornografie;
(h) verkryging van toegang tot
kinderpornografie;
(i) aflaai van kinderpornografie; of
(j) besigtiging
van
kinderpornografie,
bystand verleen of dit fasiliteer, is
skuldig aan ’n misdryf.
(6) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik ’n finansiële transaksie
verwerk of fasiliteer, wetende dat
daardie transaksie ’n oortreding van
subartikels (1) tot (5) sal fasiliteer, is
skuldig aan ’n misdryf.’’; en
(iv) artikel 20 word gewysig, deur die
volgende subartikels by te voeg:
‘‘(3) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik ’n regstreekse uitvoering wat
kinderpornografie behels—
(a) bywoon;
(b) besigtig; of
(c) daaraan deelneem,
is skuldig aan die misdryf van
bywoning, besigtiging of deelname
aan ’n vertoning wat kinderpornografie behels.
(4) Iemand (‘A’) wat wederregtelik
en opsetlik ’n klaer of klaagster wat
’n kind is (‘B’), met of sonder die
toestemming van B, werf, hetsy vir
finansiële of ander beloning, guns of
vergoeding aan B of ’n derde persoon
(‘C’) al dan nie, ten einde—
(a) kinderpornografie te skep, te
maak of te vervaardig, is skuldig
aan die misdryf van werwing
van ’n kind vir kinderpornografie; of
(b) deel te neem aan ’n regstreekse
uitvoering wat kinderpornografie behels, soos in subartikel
(3) beoog, is skuldig aan die
misdryf van werwing van ’n
kind vir deelname aan ’n
regstreekse uitvoering wat
kinderpornografie behels.’’.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents