STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   123 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 123 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (e) Artikel 54 van die Wet word gewysig deur die volgende subartikels by te voeg: ‘‘(3) Iemand wat, met kennis van die pleging van enige misdryf in artikel 19A bedoel, of wat rede het om te vermoed dat so ’n misdryf gepleeg is of gepleeg word of waarskynlik gepleeg sal word en wederregtelik en opsetlik versuim om— (a) daardie kennis of vermoede so gou moontlik by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te meld; of (b) op versoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, alle besonderhede van daardie kennis of vermoede, te verskaf, is skuldig aan ’n misdryf. (4) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat bewus is of bewus word dat hul elektroniese kommunikasiediens of elektroniese kommunikasienetwerk gebruik word of betrek is by die pleging van enige misdryf in artikel 19A bedoel, moet— (a) die misdryf onmiddellik by die SuidAfrikaanse Polisiediens aanmeld; (b) enige inligting bewaar wat die SuidAfrikaanse Polisiediens behulpsaam kan wees in die ondersoek van die misdryf; en (c) alle redelike stappe neem om toegang deur enige persoon tot die kinderpornografie te voorkom.’’. (f) Artikel 56A word gewysig deur die volgende subartikels by te voeg: ‘‘(3) (a) Iemand wat die bepalings van artikel 11A(1) of (2) oortree, is strafbaar by skuldigbevinding met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 5 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (b) Iemand wat die bepalings van artikel 11A(3) oortree, is strafbaar by skuldigbevinding met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 10 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (c) Iemand of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat aan ’n misdryf bedoel in subartikel 11B(9) of (10) skuldig bevind word, is strafbaar by skuldigbevinding met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 2 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents