No. 44651   15 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 15 (b) By die toepassing van paragraaf (a)— (i) verkry ’n persoon toegang tot ’n rekenaardatabergingsmedium, indien die persoon— (aa) data of ’n rekenaarprogram wat op ’n rekenaardatabergingsmedium geberg is, gebruik; of (bb) data of ’n rekenaarprogram berg op ’n rekenaardatabergingsmedium; en (ii) verkry’n persoon toegang tot ’n rekenaarstelsel indien die persoon— (aa) data of ’n rekenaarprogram wat in ’n rekenaarstelsel gehou word, gebruik; (bb) data of ’n rekenaarprogram op ’n rekenaardatabergingsmedium wat deel van die rekenaarstelsel uitmaak, berg; of (cc) die rekenaarstelsel opdragte gee, daarmee kommunikeer of dit andersins gebruik. (c) By die toepassing van paragraaf (b)— (i) gebruik ’n persoon ’n rekenaarprogram, indien die persoon— (aa) die rekenaarprogram kopieer of verskuif na ’n ander ligging in die rekenaarstelsel of rekenaardatabergingsmedium waarin dit gehou word of na enige ander rekenaardatabergingsmedium; (bb) ’n rekenaarprogram enige funksie laat verrig; of (cc) die uitset van ’n rekenaarprogram verkry; en (ii) gebruik ’n persoon data, indien die persoon— (aa) die data kopieer of verskuif na ’n ander ligging in die rekenaarstelsel of rekenaardatabergingsmedium waarin dit gehou word of na enige ander rekenaardatabergingsmedium; of (bb) die uitset van data verkry. 5 10 15 20 25 Wederregtelike onderskepping van data 3. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik data onderskep, met inbegrip van elektromagnetiese emissies van ’n rekenaarstelsel wat daardie data dra, binne-in of wat oorgesend word na of van ’n rekenaarstelsel, is skuldig aan ’n misdryf. (2) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik data, of die uitset van data besit, met die wete dat daardie data wederregtelik onderskep is soos in subartikel (1) beoog, is skuldig aan ’n misdryf. (3) Enige persoon wat in besit van data of die uitset van data gevind word, ten opsigte waarvan daar ’n redelike vermoede is dat daardie data wederregtelik onderskep is soos in subartikel (1) beoog en wat nie bevredigend verontskuldigend rekenskap kan gee van daardie besit nie, is skuldig aan ’n misdryf. (4) By die toepassing van hierdie artikel, beteken ‘‘onderskepping van data’’ die verkryging, besigtiging, vaslegging of kopiëring van data van ’n nie-publieke aard deur die gebruik van ’n hardeware- of sagtewarenutsmiddel in artikel 4(2) beoog of enige ander wyse, ten einde sommige van of al die data beskikbaar te stel aan ’n persoon, anders as die wettige eienaar of houer van die data, die sender of die ontvanger of die bedoelde ontvanger van daardie data, en sluit in die— (a) ondersoeking of inspeksie van die inhoud van die data; en (b) verleiding van die data of enige deel daarvan van die bedoelde bestemming na enige ander bestemming. 30 35 40 45 Wederregtelike handelinge ten opsigte van sagteware- of hardewarenutsmiddel 4. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik enige sagteware- of hardewarenutsmiddel— 50 (a) gebruik; of (b) besit, met die doel om die bepalings van artikel 2(1) of (2), 3(1), 5(1), 6(1) of 7(1)(a) of (d) te oortree, is skuldig aan ’n misdryf. (2) By die toepassing van hierdie artikel, beteken ‘‘sagteware- of hardewarenutsmiddel’’ enige elektroniese, meganiese of ander instrument, toestel, 55 toerusting, apparaat of ’n wesenlike komponent daarvan of ’n rekenaarprogram, wat hoofsaaklik ontwerp of aangepas is vir die doeleindes van— (a) toegang soos in artikel 2(1) of (2) beoog; (b) onderskepping van data soos in artikel 3(1) beoog; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents