No. 44651 35
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
35
is, aan ’n hof te verskaf ingevolge subartikel (3)(a) of sodanige verlengde
tydperk wat ingevolge subartikel (3)(b) deur die hof toegelaat word; of
(b) ’n vals verklaring in ’n wesenlike opsig in ’n beëdigde verklaring in subartikel
(1)(b) of (3)(b) bedoel, maak,
is skuldig aan ’n misdryf.
(8) By die toepassing van hierdie artikel, beteken ‘‘elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer’’ ’n tegniese identifikasie-etiket wat die oorsprong of bestemming
van elektroniese kommunikasieverkeer verteenwoordig.
5
Bevele by afhandeling van strafregtelike verrigtinge
22. (1) Wanneer ’n persoon—
(a) aan ’n misdryf ingevolge artikel 14, 15 of 16 skuldig bevind word; of
(b) van ’n misdryf ingevolge artikel 14, 15 of 16 vrygespreek word,
maar getuienis bewys dat die persoon aan teistering meegedoen het of gepoog het om
aan teistering mee te doen, soos beoog in die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011,
kan die verhoorhof, na afloop van ’n ondersoek, ’n beskermingsbevel soos beoog in
artikel 9(4) van die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, teen die persoon uitreik,
waarna die bepaling van daardie Wet, met die nodige veranderinge soos deur die
samehang vereis, van toepassing sal wees.
(2) Die verhoorhof wat ’n persoon skuldig bevind aan ’n misdryf in artikel 14, 15 of
16 beoog, moet—
(a) daardie persoon beveel om te weerhou van die verdere beskikbaarstelling,
openbaarmaking of verspreiding van die databoodskap beoog in artikel 14, 15
of 16, wat verband hou met die aanklag waaraan daardie persoon skuldig
bevind is;
(b) daardie persoon of enige ander persoon beveel om die betrokke databoodskap
of enige kopie van die databoodskap of enige uitset van die databoodskap te
vernietig en ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm aan die
aanklaer in die bevel geïdentifiseer, voor te lê dat die databoodskap aldus
vernietig is; of
(c) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beveel om die betrokke
databoodskap te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer.
(3) Die bevel in subartikel (2)(b) bedoel, vir sover dit verband hou met ’n persoon,
anders as die persoon wat aan die misdryf skuldig bevind is, en subartikel (2)(c), moet
in die voorgeskrewe vorm wees en moet op die voorgeskrewe wyse aan die persoon of
elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken word: Met dien verstande dat,
indien die verhoorhof oortuig is dat die bevel nie op die voorgeskrewe vorm en wyse
beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die
wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat.
(4) Enige persoon beoog in subartikel (2)(a) of (b) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer beoog in subartikel (2)(c), wat versuim om aan ’n bevel in subartikel (2)
bedoel, te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf.
(5) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat beveel word om die
databoodskap te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer, kan, binne 14 dae nadat die
bevel ingevolge subartikel (3) aan hulle beteken is, by kennisgewing aan die betrokke
verhoorhof, op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die hof aansoek doen om die
tersydestelling of wysiging van die bevel in subartikel (2)(c) bedoel.
(6) (a) Die verhoorhof moet so gou as redelikerwys moontlik ’n aansoek daaraan
voorgelê ingevolge subartikel (5), oorweeg en kan vir daardie doel bykomende getuienis
oorweeg wat die hof gepas ag, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by
wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde moet uitmaak.
(b) Die verhoorhof kan, by die aanvoer van goeie gronde vir die wysiging of
tersydestelling van die bevel, ’n bevel te dien effekte uitreik.
(7) Die hof kan, vir doeleindes van subartikel (6)(a), op die voorgeskrewe vorm en
wyse, enige persoon laat dagvaar as ’n getuie by daardie verrigtinge of om enige boek,
dokument of voorwerp voor te lê, indien die getuienis van daardie persoon of boek,
dokument of voorwerp vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die regverdige beslissing
van die saak.
(8) Enige persoon wat ingevolge subartikel (7) gedagvaar word om verrigtinge by te
woon en wat versuim om—
(a) dit by te woon of teenwoordig te bly;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents