No. 44651 57
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
57
(4) ’n Lasgewing vir bespoedigde bewaring van data moet die persoon, elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling daardeur geraak, gelas om van die
tyd van betekening van die lasgewing en vir ’n tydperk van 21 dae—
(a) die huidige status te bewaar van;
(b) geensins op enige wyse te handel met; of
(c) op ’n sekere wyse te handel met,
die data in die lasgewing vermeld, ten einde die beskikbaarheid en integriteit van die
data te bewaar.
(5) Geen data mag op grond van ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data aan
’n polisiebeampte openbaar gemaak word nie, tensy dit ingevolge artikel 44 gemagtig
word.
(6) Die tydperk van 21 dae in subartikel (4) bedoel, kan slegs eenmalig verleng word
by wyse van’n lasgewing vir bewaring van getuienis in artikel 42 beoog, vir ’n
bykomende tydperk wat nie 90 dae mag oorskry nie.
(7) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling aan
wie ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data, in subartikel (1) bedoel, gerig is,
kan skriftelik op die voorgeskrewe vorm en wyse, by ’n landdros in wie se regsgebied
die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling geleë is,
aansoek doen om ’n wysiging of die kansellasie van die betrokke lasgewing op grond
daarvan dat hulle nie tydig of op ’n redelike wyse aan die lasgewing kan voldoen nie.
(8) Die landdros by wie ’n aansoek ingevolge subartikel (7) gedoen word, moet, so
gou moontlik ná ontvangs daarvan—
(a) die aansoek oorweeg en kan vir hierdie doel gelas dat mondelinge of
skriftelike getuienis aangevoer word aangaande enige feit in die aansoek
beweer;
(b) ’n beslissing ten opsigte van die aansoek gee; en
(c) die applikant en spesifiek aangewese polisiebeampte bedoel in subartikel (1)
verwittig van die uitslag van die aansoek.
(9) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling in
subartikel (1) bedoel wat—
(a) versuim om aan ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data te voldoen of
die bepalings van subartikel (5) oortree; of
(b) ’n vals verklaring maak in ’n aansoek in subartikel (7) bedoel,
is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met
gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige
gevangenisstraf.
5
10
15
20
25
30
35
Lasgewing vir bewaring van getuienis
42. (1) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof kan—
(a) by skriftelike aansoek deur ’n polisiebeampte;
(b) indien dit vir die landdros of regter, by oorweging van die inligting onder eed
of by wyse van plegtige verklaring verstrek, soos in die aansoek uiteengesit,
blyk dat daar redelike gronde is om te glo dat enige persoon, elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling—
(i) ’n item mag ontvang;
(ii) in besit is van ’n item; of
(iii) in beheer is van ’n item; en
(c) met behoorlike inagneming van die regte, verantwoordelikhede en regmatige
belange van ander persone in verhouding tot die erns van die betrokke
misdryf,
’n lasgewing vir bewaring van getuienis uitreik.
(2) ’n Lasgewing vir bewaring van getuienis moet in die voorgeskrewe vorm wees en
moet op die voorgeskrewe wyse deur ’n polisiebeampte aan die persoon, elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling daardeur geraak, beteken word.
(3) Die lasgewing vir bewaring van getuienis moet die persoon, elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling gelas om, van die tyd van
betekening van die lasgewing en vir die tydperk in die lasgewing gespesifiseer, wat nie
90 dae mag oorskry nie—
(a) die huidige status te bewaar van;
(b) nie op enige wyse te handel met; of
(c) op ’n sekere wyse te handel met,
’n item, ten einde die beskikbaarheid of integriteit van die item te bewaar.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents