No. 44651 61
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
61
Lasgewing vir openbaarmaking van data en deursoeking vir, toegang tot en
beslaglegging op items onderworpe aan bewaring
44. (1) (a) ’n Polisiebeampte kan, waar dit geleë is, anders as by wyse van ’n
deursoeking en beslaglegging ingevolge ’n lasbrief in artikel 29(1) beoog, om—
(i) data te bekom wat onderworpe is aan bewaring ingevolge ’n lasgewing vir
bespoedigde bewaring van data of ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis;
of
(ii) data soos beoog in paragraaf (a) van die omskrywing van ‘‘item’’ te bekom,
wat—
(aa) in ’n rekenaarstelsel of rekenaardatabergingsmedium gehou word; of
(bb) aan ’n rekenaarstelsel beskikbaar is,
by ’n landdros of regter van die Hooggeregshof aansoek doen om die uitreiking van ’n
lasgewing vir die openbaarmaking van data.
(b) ’n Aansoek in paragraaf (a)(i) bedoel, moet—
(i) die identiteit verstrek van die polisiebeampte wat om die lasgewing vir
openbaarmaking van data aansoek doen;
(ii) die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling
identifiseer aan wie die lasgewing vir openbaarmaking van data, gerig moet
word;
(iii) van ’n afskrif van die lasgewing vir bespoedigde bewaring van data of ’n
lasgewing vir die bewaring van getuienis of enige wysiging daarvan vergesel
gaan;
(iv) ’n beskrywing van die data bevat wat voorsien moet word en die formaat waarin
dit voorsien moet word;
(v) die gronde spesifiseer waarom geglo word dat die data ’n item is soos beoog in
paragraaf (a) van die omskrywing van ‘‘item’’; en
(vi) voldoen aan enige aanvullende voorskrifte wat verband hou met aansoeke om
openbaarmaking van data, wat deur die Hoofregter uitgereik kan word ingevolge
artikel 8(3) van die Wet op Hoër Howe, 2013.
(c) ’n Aansoek bedoel in paragraaf (a)(ii), moet—
(i) die identiteit verstrek van die polisiebeampte wat om die lasgewing vir
openbaarmaking van data aansoek doen;
(ii) die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling
identifiseer aan wie die lasgewing vir openbaarmaking van data gerig moet
word;
(iii) ’n beskrywing bevat van die data wat voorsien moet word en die formaat waarin
dit voorsien moet word;
(iv) die gronde spesifiseer waarom geglo word dat die data ’n item is soos beoog in
paragraaf (a) van die omskrywing van ‘‘item’’;
(v) die gronde spesifiseer waarom geglo word dat die betrokke data gehou word in
’n rekenaarstelsel of rekenaardatabergingsmedium of aan ’n rekenaarstelsel
beskikbaar is wat onder beheer is van die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling in subparagraaf (ii) bedoel, binne die
regsgebied van die hof; en
(vi) voldoen aan enige aanvullende voorskrifte rakende aansoeke om die
openbaarmaking van data, wat ingevolge artikel 8(3) van die Wet op Hoër Howe,
2013, deur die Hoofregter uitgereik kan word.
(2) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof kan, behoudens die bepalings van
artikel 4(2) van die Doeane- en Aksynswet, 1964, artikels 69(2)(b) en 71 van die Wet op
Belastingadministrasie, 2011, en artikel 21(e) en (f) van die Wet op Doeanebeheer, 2014,
op skriftelike aansoek deur ’n polisiebeampte in subartikel (1) bedoel, indien dit vir die
landdros of regter uit inligting onder eed of by wyse van plegtige verklaring, soos in die
aansoek uiteengesit, blyk—
(a) dat daar redelike gronde is om te glo dat—
(i) data wat onderhewig is aan bewaring ingevolge ’n lasgewing vir
bespoedigde bewaring van data of ’n lasgewing vir die bewaring van
getuienis, ’n item is soos beoog in paragraaf (a) van die omskrywing van
‘‘item’’; of
(ii) data, wat ’n item is soos beoog in paragraaf (a) van die omskrywing van
‘‘item’’—
(aa) gehou word in ’n rekenaarstelsel of rekenaardatabergingsmedium;
of
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents