No. 44651 69
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
69
(7) Die aangewese regter kan slegs ’n bevel in subartikel (6) beoog gee, indien—
(a) daar, op die feite in die versoek beweer, redelike gronde is om te glo dat—
(i) ’n misdryf, wesenlik soortgelyk aan die misdrywe in Deel I of Deel II
van Hoofstuk 2 beoog gepleeg is, gepleeg word of waarskynlik gepleeg
sal word; of
(ii) enige ander misdryf wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek
erken, is, word of waarskynlik gepleeg sal word by wyse van, of
gefasiliteer deur die gebruik van, ’n item; en
(iii) vir die doeleindes van die ondersoek, dit nodig is, in die belang van
geregtigheid, om ’n bevel beoog in subartikel (6) te gee;
(b) die versoek identifiseer duidelik—
(i) die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële
instelling—
(aa) wat die data of ander item wat bewaar moet word, sal ontvang, in
besit is daarvan, of in beheer is daarvan; of
(bb) vanaf wie se fasiliteite die data, intydse kommunikasie-verwante
inligting, argief-bewaarde kommunikasie-verwante inligting, onregstreekse kommunikasie of verkeersdata verkry of onderskep
moet word;
(ii) die data of ander item wat bewaar moet word;
(iii) die data of ander item waarop beslag gelê moet word op ’n bespoedigde
grondslag en wat bewaar moet word;
(iv) die verkeersdata wat op ’n bespoedigde grondslag openbaargemaak moet
word;
(v) die intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde
kommunikasie-verwante inligting, wat verkry moet word; of
(vi) die onregstreekse kommunikasie wat onderskep moet word;
(c) die versoek, waar van toepassing, in ooreenstemming is met—
(i) enige verdrag, konvensie of ander ooreenkoms waartoe daardie vreemde
Staat en die Republiek partye is of wat as grondslag vir onderlinge
bystand gebruik kan word; of
(ii) enige ooreenkoms met enige vreemde Staat aangegaan ingevolge artikel
57; en
(d) die bevel in subartikel (6) beoog in ooreenstemming is met enige toepaslike
reg van die Republiek.
(8) Die aangewese regter kan, waar ’n versoek verband hou met die bespoedigde
openbaarmaking van verkeersdata—
(a) voorwaardes of beperkings in verband met die openbaarmaking van
verkeersdata spesifiseer soos hul gepas ag; of
(b) weier om ’n bevel bedoel in subartikel (6)(c) te gee, indien die openbaarmaking van die verkeersdata die soewereiniteit, sekuriteit, openbare
veiligheid of ander noodsaaklike belange van die Republiek kan benadeel.
(9) (a) In die geval van dringendheid, kan ’n versoek deur enige owerheid, hof of
tribunaal wat regsbevoegdheid in ’n vreemde Staat bedoel in subartikel (1) uitoefen,
regstreeks aan die aangewese regter voorgelê word.
(b) By ontvangs van ’n versoek ingevolge paragraaf (a), kan die aangewese regter
enige bevel bedoel in subartikel (6) gee.
(10) (a) ’n Spesifiek aangewese polisiebeampte moet ’n bevel in subartikel (6) beoog,
beteken of uitvoer.
(b) Die spesifiek aangewese polisiebeampte bedoel in paragraaf (a), moet—
(i) die aangewese regter; en
(ii) die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings,
skriftelik inlig van die feit dat ’n bevel beteken of uitgevoer is.
(11) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet die toepaslike
owerheid in ’n vreemde Staat skriftelik inlig van die feit dat ’n bevel gegee en uitgevoer
is of nie gegee is nie.
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
Voldoening aan bevel van aangewese regter
49. (1) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling
moet aan ’n bevel van die aangewese regter wat ingevolge artikel 48(6) uitgevaardig is,
60
voldoen.
(2) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling aan
wie ’n bevel bedoel in artikel 48(6) gerig is, kan skriftelik by die aangewese regter
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents