No. 44651   75 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 75 (v) die identifikasie en opsporing van ’n verdagte; en (vi) samewerking met toepaslike owerhede van ’n vreemde Staat. (4) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring kan regulasies uitvaardig om verder— (a) enige aspek waarvoor in subartikel (3) voorsiening gemaak word, te reël; (b) bykomende pligte aan die aangewese Kontakpunt op te lê; en (c) enige aspek wat noodsaaklik of raadsaam is vir die behoorlike implementering van hierdie artikel, te reël. (5) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet lede van die Nasionale Vervolgingsgesag beskikbaar stel— (a) wat bepaalde kennis en vaardighede het ten opsigte van enige aspek wat in hierdie Wet hanteer word; en (b) aan wie ’n sekerheidsklaring deur die Staatsveiligheidsagentskap ingevolge artikel 2A van die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie, 1994, uitgereik is, tot die tevredenheid van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, om regshulp aan die aangewese Kontakpunt te voorsien soos noodsaaklik of raadsaam mag wees vir die doeltreffende bedryf van die aangewese Kontakpunt. (6) (a) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring moet, aan die einde van elke boekjaar, ’n verslag aan die Voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie ingestel by artikel 2 van die Wet op Toesig oor Intelligensiedienste, 1994, voorlê oor die werksaamhede en aktiwiteite van die aangewese Kontakpunt. (b) Die verslag in paragraaf (a) beoog, moet insluit— (i) die getal aangeleenthede waar bystand ingevolge subartikel (3)(a) aan ’n vreemde Staat voorsien is; en (ii) die getal aangeleenthede waar bystand van ’n vreemde Staat ontvang is. 5 10 15 20 25 HOOFSTUK 7 GETUIENIS Bewys van sekere feite deur beëdigde verklaring 53. (1) Wanneer enige feit vasgestel deur enige ondersoek of proses wat enige vaardigheid vereis in— (a) die vertolking van data; (b) die ontwerp of funksionering van data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel; (c) rekenaarwetenskap; (d) elektroniese kommunikasienetwerke en tegnologie; (e) sagteware-ingenieurswese; of (f) rekenaarprogrammering, tersaaklik is of kan word tot ’n aangeleentheid by strafregtelike verrigtinge of siviele verrigtinge soos in Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998, beoog, is ’n dokument wat voorgee om ’n beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring te wees soos afgelê deur ’n persoon wat, in daardie dokument, stel dat hulle— (i) (aa) in ’n kategorie van persone in die Republiek val; of (bb) in die diens staan van ’n liggaam in die Republiek of ’n vreemde Staat, deur die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging by kennisgewing in die Staatskoerant aangewys; (ii) tersaaklike kwalifikasies, kundigheid en ervaring het wat hulle bevoeg maak om die beëdigde verklaring af te lê; en (iii) daardie feit met behulp van ’n ondersoek of proses wat in die dokument gedokumenteer is, vasgestel het, is by die blote voorlegging daarvan by sodanige verrigtinge, prima facie bewys van sodanige feit. (2) Enige persoon wat kragtens subartikel (1) ’n beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring aflê en wat in sodanige beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring opsetlik enigiets stel wat vals is, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 30 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents