STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 85 Bylae (Artikel 58) WETTE HERROEP OF GEWYSIG Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging Wet No. 51 van 1977 Strafproseswet, 1977 Wet No. 68 van 1995 Wet op SuidAfrikaanse Polisiediens, 1995 Wet op Films en Publikasies, 1996 Die volgende items word by Bylae 5 gevoeg: ‘‘’n Oortreding van artikel 8, 9 of 10 van die Wet op Kubermisdade, 2020— (a) waarby bedrae van meer as R500 000,00 betrokke is; (b) waarby bedrae van meer as R100 000,00 betrokke is, indien bewys word dat die misdryf gepleeg is— (i) deur ’n persoon, groep persone, sindikaat of enige onderneming handelende in die uitvoering of bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering; of (ii) deur ’n persoon of met die sameswering of bystand van iemand anders, wat as deel van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging, toesig gehad het oor, in beheer was van, of toegang gehad het tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel van ’n ander persoon ten opsigte waarvan die betrokke misdryf gepleeg is; of (c) indien bewys word dat die misdryf deur enige wetstoepassingsbeampte gepleeg is— (i) waarby bedrae van meer as R10 000 betrokke is; of (ii) as ’n lid van ’n groep persone, sindikaat of enige onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering; of (iii) met die sameswering of bystand van iemand anders, wat as deel van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging toesig gehad het oor, in beheer was van, of toegang gehad het tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel van iemand anders ten opsigte waarvan die betrokke misdryf gepleeg is. ’n Oortreding van artikel 11(2) van die Wet op Kubermisdade, 2020.’’. Artikel 71 word geskrap. Wet No. 65 van 1996 No. 44651   85 Artikel 24B word geskrap. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents