STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   91 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 91 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (a) ’n ernstige misdryf of ’n misdryf in Bylae II genoem, gepleeg is of word of waarskynlik gepleeg sal word; (b) die insameling van inligting aangaande ’n werklike bedreiging van die openbare gesondheid of veiligheid, nasionale sekuriteit of dwingende nasionale ekonomiese belang van die Republiek nodig is; (c) die insameling van inligting aangaande ’n potensiële bedreiging van die openbare gesondheid of veiligheid of nasionale sekuriteit van die Republiek nodig is; (d) die rig van ’n versoek vir die voorsiening, of die voorsiening aan die bevoegde owerhede van ’n land of gebied buite die Republiek, van enige hulp in verband met, of in die vorm van, die onderskepping van kommunikasies met betrekking tot georganiseerde misdaad, ’n misdryf in Bylae II genoem of enige misdryf met betrekking tot terrorisme of die insameling van inligting met betrekking tot georganiseerde misdaad of terrorisme— (i) ooreenkomstig ’n internasionale onderlinge hulpooreenkoms is; of (ii) in belang van die internasionale betrekkinge of verpligtinge van die Republiek is; of (e) die insameling van inligting aangaande ’n misdryf in Bylae II genoem, of eiendom wat ’n middel is of waarskynlik kan wees by ’n ernstige misdryf of die opbrengs is of waarskynlik kan wees van onwettige aktiwiteite nodig is, en dat die verstrekking van intydse kommunikasie-verwante inligting nodig is vir die doeleindes van die ondersoek van so ’n misdryf of die insameling van sodanige inligting.’’. (d) Subartikel (4) van artikel 19 word deur die volgende subartikel vervang: ‘‘(4) ’n Argief-bewaarde kommunikasie-verwante lasgewing kan slegs uitgereik word indien dit vir die betrokke regter van die Hoë Hof, streekhoflanddros of landdros voorkom, op die feite in die betrokke aansoek beweer, dat daar redelike gronde is om te glo dat— (a) ’n ernstige misdryf of ’n misdryf in Bylae II genoem gepleeg is of word of waarskynlik gepleeg sal word; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents