STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   99 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 99 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (ii) deur die volgende omskrywing ná die omskrywing van ‘‘hof vir seksuele misdrywe’’ in te voeg: ‘‘ ‘huisves’ om inligting op ’n elektroniese kommunikasienetwerk te berg wat gebruik word om ’n elektroniese kommunikasiediens te verskaf, waar dit besigtig, gekopieer of afgelaai kan word;’’; (iii) deur die volgende omskrywing ná die omskrywing van ‘‘Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings’’ in te voeg: ‘‘ ‘openbaar maak’ en ‘openbaarmaking’, in verband met die skadelike openbaarmaking van pornografie in artikel 11A beoog, ook om— (a) die pornografie aan ’n persoon wat die bedoelde ontvanger van die elektroniese kommunikasie is of enige ander persoon te stuur; (b) die pornografie op ’n elektroniese kommunikasienetwerk te berg, waar die pornografie besigtig, gekopieer of afgelaai kan word; of (c) ’n skakel na die pornografie wat op ’n elektroniese kommunikasiediensnetwerk geberg is, aan ‘n persoon te stuur of andersins beskikbaar te stel waar die pornografie besigtig, gekopieer of afgelaai kan word;’’; (iv) deur die volgende omskrywing ná die omskrywing van ‘‘pornografie’’ in te voeg: ‘‘ ‘regstreekse uitvoering wat kinderpornografie behels’ ’n geleentheid waar ’n kind gebruik word om kinderpornografie te skep, te maak of te vervaardig;’’; en (v) deur die volgende omskrywing ná die omskrywing van ‘‘sorggewer’’ in te voeg: ‘‘ ‘Wet op Elektroniese Kommunikasie’ die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005 (Wet No. 36 van 2005).’’. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents