STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   103 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 103 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging 11B. (1) ’n Klaer (hierna die applikant genoem) wat ’n klag by die SuidAfrikaanse Polisiediens indien dat ’n misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3) beoog na bewering teen hom of haar gepleeg is, kan op ’n ex parte-grondslag op die voorgeskrewe vorm en wyse, by ’n landdroshof aansoek doen om ’n beskermingsbevel hangende die afhandeling van die strafregtelike verrigtinge om— (a) enige persoon te belet om pornografie wat met die klag verband hou, openbaar te maak, of veroorsaak dat dit openbaar gemaak word of die applikant te dreig met die openbaarmaking of veroorsaking van die openbaarmaaking daarvan; of (b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wie se elektroniese kommunikasiediens gebruik word om die pornografie te huisves of openbaar te maak wat met die klag verband hou, te beveel om daardie pornografie te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer. (2) Die hof moet ’n aansoek ingevolge subartikel (1) aan die hof voorgelê, so gou as redelik moontlik oorweeg en kan, vir daardie doel, enige bykomende getuienis wat die hof gepas ag, oorweeg, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde van die verrigtinge moet uitmaak. (3) Indien die hof oortuig is dat daar— (a) prima facie getuienis is dat ’n misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3) bedoel, na bewering teen die applikant gepleeg is; en (b) redelike gronde is om te glo dat ’n persoon in subartikel (1)(a) bedoel, daardie pornografie openbaar gemaak het of openbaarmaking veroorsaak het of die applikant gedreig het met die openbaarmaking of veroorsaaking van die openbaarmaking van die pornografie; of (c) redelike gronde is om te glo dat die elektroniese kommunikasiediens van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, gebruik word om daardie pornografie te huisves of openbaar te maak, kan die hof, onderworpe aan sodanige voorwaardes wat die hof gepas ag, die bevel bedoel in subartikel (1) in die voorgeskrewe vorm uitreik. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents