STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   105 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 105 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (4) Die bevel in subartikel (3) bedoel, moet aan die persoon in subartikel (1)(a) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, op die voorgeskrewe wyse beteken word: Met dien verstande dat indien die hof oortuig is dat die bevel nie op die voorgeskrewe wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (5) ’n Bevel in subartikel (3) bedoel, is van krag vanaf die oomblik wat dit deur die hof uitgereik word en die bestaan daarvan onder die aandag van die persoon bedoel in subartikel (1)(a) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer bedoel in subartikel (1)(b), gebring is. (6) Iemand in subartikel (1)(a) bedoel, anders as die persoon wat van die pleging van die betrokke misdryf beskuldig word, of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel kan, binne 14 dae nadat die bevel ingevolge subartikel (4) aan hom of haar beteken is, of binne sodanige verdere tydperk wat die hof mag toelaat, by kennisgewing aan die betrokke landdroshof, op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die hof aansoek doen om die tersydestelling of wysiging van die bevel in subartikel (3) bedoel. (7) (a) Die hof moet ’n aansoek ingevolge subartikel (6) aan die hof voorgelê, so gou as redelik moontlik oorweeg en kan vir daardie doel sodanige bykomende getuienis soos die hof gepas ag, oorweeg, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde van die verrigtinge moet uitmaak. (b) Die hof kan, by die aanvoer van goeie gronde vir die wysiging of tersydestelling van die beskermingsbevel, ’n bevel te dien effekte uitreik. (8) Die hof kan, vir doeleindes van subartikels (2) en (7), op die voorgeskrewe vorm en wyse enige persoon laat dagvaar as ’n getuie by daardie verrigtinge of om enige boek, dokument of voorwerp voor te lê, indien die getuienis van daardie persoon of boek, dokument of voorwerp vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die regverdige beslissing van die saak. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents