No. 44651   63 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 63 (bb) aan ’n rekenaarstelsel beskikbaar is, binne hul regsgebied; en (b) dit in die belang van geregtigheid sal wees indien ’n lasgewing vir openbaarmaking van data uitgereik word, die lasgewing vir openbaarmaking van data waarom aansoek gedoen is, uitreik. (3) ’n Lasgewing vir openbaarmaking van data moet in die voorgeskrewe vorm wees en moet op die voorgeskrewe wyse deur ’n polisiebeampte aan die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling daardeur geraak, beteken word. (4) Die lasgewing vir openbaarmaking van data— (a) moet die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling gelas om die data in die lasgewing geïdentifiseer, tot die mate in die lasgewing uiteengesit, aan ’n geïdentifiseerde polisiebeampte te voorsien; (b) moet die formaat spesifiseer waarin die data in paragraaf (a) geïdentifiseer, voorsien moet word; (c) moet die tydperk uiteensit waarbinne die data in paragraaf (a) geïdentifiseer, voorsien moet word; en (d) kan voorwaardes of beperkings in verband met die voorsiening van data daarin gemagtig, spesifiseer. (5) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling aan wie ’n lasgewing vir openbaarmaking van data in subartikel (3) bedoel, beteken word, kan, skriftelik op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die landdros of regter aansoek doen om ’n wysiging of die kansellasie van die betrokke lasgewing op grond daarvan dat hulle nie tydig of op ’n redelike wyse aan die lasgewing kan voldoen nie. (6) Die landdros of regter by wie die aansoek ingevolge subartikel (5) gebring word, moet so gou moontlik ná ontvangs daarvan— (a) die aansoek oorweeg en kan, vir hierdie doel, beveel dat mondelinge of skriftelike getuienis aangebied word aangaande enige feit in die aansoek beweer; (b) ’n beslissing gee ten opsigte van die aansoek; en (c) indien die aansoek suksesvol is, die polisiebeampte en die applikant verwittig van die uitslag van die aansoek. (7) Enige data wat ingevolge ’n lasgewing vir openbaarmaking van data beskikbaar gemaak moet word— (a) aan die polisiebeampte in die lasgewing geïdentifiseer, voorsien word; en (b) vergesel gaan van ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm deur die persoon of gemagtigde verteenwoordiger van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling, wat die egtheid, integriteit en betroubaarheid van die data, wat voorsien word, bevestig. (8) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of ’n finansiële instelling wat— (a) versuim om aan ’n lasgewing vir openbaarmaking van data te voldoen; (b) ’n vals verklaring aflê in ’n aansoek in subartikel (5) bedoel; of (c) versuim om aan subartikel (7) te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of tot beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. (9) (a) Enige item wat onderhewig is aan ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis, wat nie ‘‘data’’ is nie, moet op beslag gelê word ingevolge ’n lasbrief in artikel 29(1) bedoel. (b) ’n Polisiebeampte kan, te eniger tyd, aansoek doen om ’n deursoekingslasbrief ingevolge artikel 29(1) om te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item (wat ‘‘data’’ insluit) wat aan ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data of ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis onderhewig is of was. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 Verkryging en gebruik van openbaar beskikbare data of ontvangs van data van 55 persoon wat in besit is van data 45. ’n Polisiebeampte kan, sonder om uitdruklik ingevolge hierdie Hoofstuk daartoe gemagtig te wees, vir die ondersoek van enige misdryf of vermeende misdryf ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 of enige ander misdryf of vermeende misdryf ingevolge die wette van die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan 60 word deur die gebruik van, ’n item— (a) openbaar beskikbare data ontvang, verkry of gebruik ongeag waar die data geografies geleë is; of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents