No. 44651 81
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
81
HOOFSTUK 9
ALGEMENE BEPALINGS
Nasionale Uitvoerende Gesag kan ooreenkomste aangaan
57. (1) Die Nasionale Uitvoerende Gesag kan enige ooreenkoms met enige vreemde
Staat aangaan oor—
(a) die voorsiening van onderlinge bystand en samewerking aangaande die
ondersoek en vervolging van—
(i) ’n misdryf kragtens Deel I of Deel II van Hoofstuk 2;
(ii) enige ander misdryf ingevolge die reg van die Republiek wat gepleeg kan
word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item;
of
(iii) ’n misdryf—
(aa) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of
(bb) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken wat
gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die
gebruik van, ’n item,
in daardie vreemde Staat;
(b) die instelling van kubermisdaadreaksie-aktiwiteite;
(c) opleidings-, navorsings-, inligtings- en tegnologiedeling en die uitruil van
inligting oor die bespeuring, voorkoming, mitigasie en ondersoek van
kubermisdade;
(d) die instelling of aanwysing van kontakpunte om die voorsiening van
onderlinge bystand en samewerking soos in paragraaf (a) beoog, te fasiliteer;
(e) die inwerkingstelling van oorgrensnoodreaksiemeganismes om die uitwerking van kubermisdade te mitigeer; en
(f) die wedersydse inwerkingstelling van maatreëls om kubermisdaad te bekamp.
(2) ’n Lid van die Nasionale Uitvoerende Gesag moet, so gou prakties moontlik nadat
die Parlement ingestem het tot die bekragtiging van, toetreding tot, wysiging van of
herroeping van ’n ooreenkoms in subartikel (1) bedoel, kennis daarvan in die
Staatskoerant gee.
5
10
15
20
25
30
Herroeping of wysiging van wette
58. Die wette in die Bylae genoem word hierby herroep of gewysig tot die mate in die
derde kolom van die Bylae aangedui.
Regulasies
59. (1) Die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging—
(a) moet regulasies uitvaardig om die—
(i) vorm en wyse van die aansoek soos in artikel 20(1) beoog;
(ii) vorm van die bevel soos in artikel 20(3) beoog;
(iii) wyse van betekening van die bevel soos in artikel 20(4) beoog;
(iv) vorm en wyse van die aansoek soos in artikel 20(6) beoog;
(v) vorm en wyse waarop die hof ’n persoon kan dagvaar soos in artikel
20(8) beoog;
(vi) vorm van die lasgewing en beëdigde verklaring en wyse waarop inligting
aan die hof voorsien moet word soos in artikel 21(1)(b) beoog;
(vii) wyse van betekening van ’n lasgewing soos in artikel 21(2) beoog;
(viii) wyse en die vorm van die beëdigde verklaring om aansoek te doen om ’n
verlenging van die tydperk of kansellasie van die lasgewing soos in
artikel 21(3)(b) beoog;
(ix) wyse vir aanvra van bykomende inligting soos in artikel 21(4)(b) beoog;
(x) vorm en wyse waarop ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer van
die uitslag van die aansoek ingelig moet word soos in artikel 21(4)(d)
beoog;
(xi) tariewe van vergoeding betaalbaar aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer soos in artikel 21(6) beoog;
(xii) vorm van die bevel en wyse van betekening van die bevel soos in artikel
22(3) beoog;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
35
40
45
50
55
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents