STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   93 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 93 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (b) die insameling van inligting aangaande ‘n werklike bedreiging van die openbare gesondheid of veiligheid, nasionale sekuriteit of dwingende nasionale ekonomiese belang van die Republiek nodig is; (c) die insameling van inligting aangaande ‘n potensiële bedreiging van die openbare gesondheid of veiligheid of nasionale sekuriteit van die Republiek nodig is; (d) die rig van ’n versoek vir die voorsiening, of die voorsiening aan die bevoegde owerhede van ’n land of gebied buite die Republiek, van enige hulp in verband met, of in die vorm van, die onderskepping van kommunikasies met betrekking tot georganiseerde misdaad, ’n misdryf in Bylae II genoem of enige misdryf met betrekking tot terrorisme of die insameling van inligting met betrekking tot georganiseerde misdaad of terrorisme— (i) ooreenkomstig ‘n internasionale onderlinge hulpooreenkoms is; of (ii) in belang van die internasionale betrekkinge of verpligtinge van die Republiek is; of (e) die insameling van inligting aangaande ’n misdryf in Bylae II genoem, of eiendom wat ‘n middel is of waarskynlik kan wees by ‘n ernstige misdryf of die opbrengs is of waarskynlik kan wees van onwettige aktiwiteite nodig is, en dat die verstrekking van argiefbewaarde kommunikasie-verwante inligting nodig is vir die doeleindes om so ‘n misdryf te ondersoek of sodanige inligting in te samel.’’. (e) Die herbenoeming van die Bylae tot die Wet as ‘‘Bylae I’’ en die byvoeging van die volgende items: ‘‘15 Enige misdryf in artikels 17, 18, 19A of 20 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007 (Wet No. 32 van 2007), beoog. 16 Enige misdryf beoog in— (a) artikel 8, 9(1) of (2) of 10 waarby ’n bedrag van R200 000,00 of meer betrokke is; of (b) artikel 11(1) of (2) of 17 (vir sover die artikel in verband staan met die misdrywe bedoel in artikel 11(1) of (2)), van die Wet op Kubermisdade, 2020.’’. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents